Being a Pilgrim

Pelgrim wees is genade tyd. Gewaarwordtyd. As jy volg begin jy ontvang… en hoor... en lewe. Soos die Skepper dit vir ons bedoel het…

Jesus was gedurende Sy leeftyd op aarde slegs ‘n paar keer in Jerusalem – elke keer as pelgrim, om een van die Joodse feeste by te woon. Psalm 84 – die Pelgrimslied – gaan juis oor die voorspoed en geluk wat pelgrimsgangers te wagte kan wees.

‘n Toer na enige wêrelddeel neem jou na ‘n besienswaardigheid: die Eiffeltoring, Big Ben of die Leunende Toring van Pisa. As jy daar was, gesien het (en die T-hemp gekoop het), jou foto ge-“instagram” en ge-“Facebook” het, is dit dit.

Iets anders gebeur met ‘n mens op reis na ‘n bestemming met ‘n doel.  Hierdie eeu-oue ritueel van pelgrimwees beloof ontmoetings en gewaarwordings.

Ek glo pelgrimwees is deel van menswees. Pelgrimstyd is afspraaktyd, ‘n tyd vir nuut word en nuut dink.

Die Selah span gun jou om nuut te word en nuut te dink. Daarom werk ons nou saam met TIB Tours (To Israel and Beyond) om uitsoek pakkette te onderskryf en jou te begelei op hierdie ‘Journey’. Stuur gerus ‘n e-pos aan ons of gaan loer by www.tibtours vir meer inligting.

KOM SAAM!

 

Volg die skakels om meer uit te vind:

Kom saam na Israel

Stap die Camino de Santiago in Spanje